Guelfe en Ghibellyne

'n 14de-eeuse konflik tussen die Guelfe en Ghibellyne van Bologna.

Die Guelfe, of Welfe, en Ghibellyne (Italiaans: guelfi e ghibellini) was politieke faksies wat onderskeidelik die pous en die Heilige Romeinse keiser ondersteun het in die Italiaanse stadstate van Sentraal- en Noord-Italië.[1]

In die 12de en 13de eeu het mededinging tussen dié twee partye 'n besonder belangrike deel uitgemaak van die interne politiek van Middeleeuse Italië. Die stryd om mag tussen die pous en die Heilige Romeinse Ryk het ontstaan uit die Investituurstryd, wat in 1075 begin het, en het geëindig met die Konkordaat van Worms in 1122.

  1. Christopher Kleinhenz (2004). Medieval Italy: An Encyclopedia, Routledge Encyclopedias of the Middle Ages. Routledge. p. 507. ISBN 1135948801.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search